SPORT

By Laerskool Cloetesville bied sport die geleentheid aan leerders om deel te neem as individue, maar ook in spanverband. Sport beoefening by Laerskool Cloetesville het dit ten doel om die leerders se vaardighede te ontwikkel en deelname te verseker. Dit is ons doel om ons leerders die geleentheid te gee om ten volle hul sport te beoefen en hulle potensiaal te bereik. Die afrigting word deur van ons eie onderwyspersoneel behartig, maar in sommige gevalle ook ondersteun en bygestaan deur entoesiastiese ouers en buite afrigters.

Laerskool Cloetesville bied die volgende sportkodes aan

Sokker

Dit is nie 'n individu sport nie maar 'n span sport waar kinders leer om in 'n span saam te werk.

Rugby

Dit help nie net met vaardigheidsontwikkeling nie maar ook om seuns voor te berei vir die lewe.

Netbal

Van onder 7 tot en met onder 13 neem deel aan Netbal.

Hokkie

Dit is 'n sport wat deur beide seuns en dogters gespeel word.

Sagtebal

Dit is een van die lekkerste sportsoorte om van deel te wees by die skool.

Gholf

Gholf is 'n groeiende sport vir seuns en dogters.

Krieket

Die Grondslagfase speelmini-krieket en die senior speel hardebal krieket.

atletiek

Die Grondslagfase sowel as die seniorfase neem jaarliks aan verskeie by eenkomste deel.