Geagte Ouers / Voogde

Die reg op privaatheid word deur die Grondwet beskerm en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) verskans daardie reg met  wetlike inwerkingtreding  op 1 Julie 2021. Laerskool Cloetesville verbind hom tot die beskerming van persoonlike inligting en tot die nakoming van  die sperdatums vir sodanige regulasies. As deel van hierdie implementering en om aan POPIA-vereistes te voldoen, word toestemmings vereis soos uiteengesit in punt 1 en 2 onder.

Neem asseblief kennis

  1. 1. Die toestemmingsvorms is gebaseer op FEDSAS (Federasie van Verenigings van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) se voorgestelde template en        word beskou as ‘n standaard vir beheerliggame en skole t.o.v POPIA.
  2. 2. Laerskool Cloetesville vra nie toestemming tot enigiets anders as die huidige modus operandi nie, maar slegs u toestemming om voort te gaan met die              manier waarop ons persoonlike inligting en beelde verwerk.
  3. 3. Wees asseblief verseker dat die beskerming van ons skoolgemeenskap se persoonlike inligting vir Laerskool Cloetesville van die uiterste belang is.

Toestemming vir die gebruik van beelde

Laerskool Cloetesville poog om slegs spesifieke soort beeldmateriaal te gebruik ten einde te verseker dat sodanige materiaal geskik is vir ‘n skoolomgewing. Sodanige beeldmateriaal dra by tot die bemarking van die skool.


Lees Meer