KULTUUR

Deur kulturele aktiwiteite vir ons leerders te beplan word sosiale en interaktiewe vaardighede ontwikkel en toegepas. Leerders word ook die geleentheid gebied om kulturele kennis en tegnieke te ontwikkel, te verstaan en deel van hulle lewenswêreld te maak. Daar word ‘n reeks kulturele aktiwiteite aangebied op ons skoolterrein.